Ons sê “JA”

Met baie liefde nooi ons julle uit om saam met ons een van die mooiste dae van ons lewe te vier.

Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met ons gunstelingmense te deel nie, ’n dag vol liefde, lekker kuier, goeie kos, dans en mooi herinneringe.

Vyf jaar gelede het Leandri en Hendrie se storie op ’n heel gewone plek begin, in die “Granny Flat” by haar ouers se huis.

Wat toe net die begin van ’n nuwe kennismaking was, het met tyd gegroei in iets baie groter. Deur die jare het hulle saam gelag, geleer, gegroei en al hoe meer besef dat hulle hul lewe langs mekaar wil aanpak.

Hulle liefde is nie gebou op een groot oomblik nie, maar op duisende klein oomblikke, die gesprekke, die grappies, die moeilike dae, die mooi herinneringe en die stille sekerheid dat hulle mekaar gekies het.

En toe, vyf jaar later, het Hendrie hierdie jaar die vraag gevra wat alles verander het…

“Sal jy met my trou?”

Leandri se antwoord was natuurlik JA.

Nou begin hulle aan die mooiste hoofstuk van hul storie tot ’n lewe wat hulle saam gaan bou.

Vyf jaar van liefde. Een groot “JA”. En ’n leeftyd wat nog voorlê.

Ons vier ons spesiale dag by Pepper Tree Venue and Guesthouse, ’n pragtige bestemming net buite Bloemfontein.

Die venue is noordwes van Bloemfontein geleë, naby die New Tempe-lughawe, en slegs ongeveer 10 minute se ry van die stad af.

Kleredrag

Semi-formeel

Klein mensies

Ons is baie lief vir julle kinders, maar vir hierdie een aand hou ons die dansvloer net vir die grootmense. Kom geniet ’n welverdiende aandjie uit. (Geen onder 18s)

Kontantkroeg

’n Kontantkroeg sal deur die aand beskikbaar wees vir almal wat iets ekstra wil geniet.

Skerms Af, Liefde Aan

Ons vra vriendelik dat julle asseblief selfone op stil sit en tydens die seremonie wegpak. 📵

Geskenke

Julle teenwoordigheid is vir ons reeds die grootste geskenk. Maar as julle tog graag iets wil gee, sal ’n geldjie vir ons toekomstige avonture baie waardeer word. Ons het klaar ’n airfryer… nou kort ons net geld vir die lewe. 😂

 

Ashwood Guesthouse

’n Pragtige en gerieflike verblyfopsie vir gaste wat die troue sommer in ’n lekker wegbreek wil verander.

Figberry Guestrooms & Lodge

’n Gerieflike opsie vir gaste wat graag naby die venue wil bly en die aand rustig wil afsluit.

Tuscan Rose

Nog ’n heerlike opsie vir gaste wat gemaklike verblyf in Bloemfontein soek, perfek om ná die groot viering jou skoene uit te skop en lekker te gaan rus.

Liedjiesbos

Vir gaste wat ’n rustige en besonderse oornagplek soek, is Liedjiesbos ’n pragtige opsie.

Tydlyn

Hier is die tydlyn… maar soos julle weet, het ’n goeie troue gewoonlik sy eie tydlyn. 😉

Laat weet asseblief of julle saam met ons gaan vier, ons kan nie wag om hierdie mooi oomblik met ons gunstelingmense te deel nie.
RSVP teen 16 November 2026

Dae
Ure
Minute
Sekondes

Ons Dag Deur Julle Oë

Het jy ’n spesiale, snaakse of mooi oomblik van ons troudag vasgevang? Laai jou foto’s hier op en help ons om elke herinnering te bewaar.